|
 |
'n
Uittreksel
uit ’n artikel wat in die SASSAR van Mei 1973
gepubliseer is, vertel van die trots van al die
mense wat spoorweg gebring het tot waar dit vandag
is, wanneer dit verwys na waar die werklike krag van
die Suid-Afrikaanse Spoorweë gelę het. Nie in die
sigbare dinge wat hulle gebruik het nie,:
lokomotiewe, rollende materiaal of spoorstawe nie
maar in hul mense - hulle entoesiasme - hulle ywer -
hulle trots in hulle werk.
Met die saamstel van die boeke
het ek nog steeds daardie selfde trots, ywer en
entoesiasme teëgekom by elke spoorwegman met wie ek
te doen gekry het. Die groot netwerk van ysterpaaie wat
regoor sonnige Suid Afrika uitgesprei lę,
vertel 'n verhaal van 'n rekordprestasie. 'n
Prestasie waarop enige land met reg trots kan wees.
Stom ysterstawe wat stilswyend herinner aan 'n
onlosmaaklike verbintenis met die verlede van die
mense wat eens die weg oor hulle gebaan het. Heel
ongetwyfeld is dit te danke aan die baanbrekerswerk
van man en lokomotief in hul seëvierende tog oor die
silwer netwerk van spore, van agter-laers op stasies,
depots en rangeerwerwe, buite in tente of afgeleë
huise, dat die ylbevolkte streke in die res van die
Afrika- kontinent nie vandag nog gesluimer het in
primitiewe isolasie nie.
Die spoorweë van 'n land is 'n
spieël waarin die vooruitgang en ontwikkeling wat in
daardie land plaasgevind het, glashelder weerkaats
word… maar so ook die agteruitgang daarvan. Op die
gebied van |