|
 |
Danksy
bydraes van spoorwegpersoneel reg oor die land het
Ysterwiele 1 triomfantlik uitgerol op spore van
herinnerings en dit moontlik gemaak dat Ysterwiele
2 vandag in haar sleep kan volg. Dit is so dat
mense oor die hele węreld heen hul talente gee
vir ander om te geniet, hetsy deur musiek,
rolprente, opvoerings, teater ens. Vir daardie
selfde doel het hierdie professionele
spoorwegmense, wat die pad van teoretiese
opleiding geloop en geweek is in die praktiese sy
daarvan, kosbare skatte uit hul juweelkissies van
spoorweg- herinneringe gehaal om deur hierdie
kollektiewe terugblik iets te gee van hulself as
spoorwegwerkers ter aanvulling van die genot van
lekkerlees.
Hulle
hele bestaan het om hul liefde vir die ystermonsters gedraai en hierdie węreld van hulle was
nie een vir die luiaard nie. Deur middel van
hierdie terugblik kan ons in ons verbeelding hul
lewensgang volg tot by die jare toe spoorweg sy
beslag gevind het in Suid Afrika. So ook kan hulle
vandag vanaf hul eindpale terugkyk na by die jare
waarin hulle as spoorwegwerkers begin het.
|