Ysterwiele 1

Nuut op die mark! 'n  Ideale en uitsonderlike geskenk!

 

'n Boek oor spoorwegstories. Humoristiese,  ernstige en interessante  vertellinge van kondukteurs, kaartjiesondersoekers, stokers drywers, assistente, rangeerders baanmeesters, roep-manne, ambagspersoneel en vele ander vertel  van hul lief en leed, stoutighede, wettighede en onwettighede tydens hul jare in diens van die Suid Afrikaanse Spoorweë.  Herleef saam met hulle die tyd toe  spoorweg in sy volle glorie gefunksioneer het!

Hulle reaksies beskryf ek soos volg in my boek.

  

“Toe   my eerste versoek om spoorwegstories in die vroeë oggendure oor die eter in die slaapkamers van die spoorwegmanne ingedra is, het hulle soos n goed georganiseerde weermag aangetree. Gretige hande het onmiddellik uitgereik en my met ywerige entoesiasme  ingetrek in die hart van 'n vergange era. Ek is oorval met briewe,

e-posbriewe, foto's, oproepe, bandjies en laserskywe van regoor die hele land …….. selfs van oud-Suid-Afrikaanse spoorwegmanne in plekke soos Amerika en Skotland. Almal het diep gedelf in hul spoorwegskatkis van  verhale  en stories het opgeborrel en oorgeloop uit 'n skuimende beker van kosbare herinneringe .”

 

Enkele kommentare  van die lesers lui as volg.

 

“YSTERWIELE 1” IS SUPER. EK KAN DIT NIE NEERSIT NIE.  DANKIE VIR JOU MOEITE!

 

" ….. ek wil net sê, die  boek is great!  Ek kan hom nie neersit nie! Dis 'n lekker boek die!”

 

Ek het vandag my boek ontvang en ek kan dit nie neersit nie. Baie, baie geluk, dit is uitstekend!!

 

“Dis 'n kampioen boek die! Uitstekend!”

 

"Baie dankie dat U vir die nageslag so 'n ryke erfenis nalaat!"

© 2010: Ysterwiele

Webspasie deur Hotstuff Computers